Die seisoen van liefde is weer in volle gang en dit was baie duidelik met die eenwording van twee spesiale families.
Dene en Ruan het die groot stap geneem en hulle liefde en lewe aan mekaar beloof verlede naweek saam met al die familie en baie vriende. Die geleentheid was groot die opgewondenheid baie en n oorvloed van mense wat omgee.
Dene was reeds besig met die finale voorbereidings toe ons by haar aansluit, die kamer soos oudergewoonte vol borrelnde jong dames gereed om enige hulp te bied soos dit benodig word.
Ruan en die manne, glo dit as jy wil of nie was lank voor ons bespreekte tyd gereed, soos Ruan dit gestel het hy het nie iets anders gehad om te doen nie en was al vroeg gereed om die dag te begin, met sy pa en vriende as aanjuigende ondersteuners het ons al die formalteite van die aanloop fotos sommer gou en met entoesiasme afgehandel.
Die spesiale geleentheid was by een van ons gunsteling trou ………………… in Muldersdrift die alom bekende Avianto.
Dit was van die begin af sigbaar dat hierdie twee vriende groepe al n geruime tyd saam kuier en soveel moontilke tyd saam spandeer, dit is iets baie spesiaal in die nuwe era om familie en vriende saam so gelukkig te sien.
Die treffendste van alles was die ‘slide show’ wat Ruan se broer bymekaar gesit het, dit was n terug blik van al die goeie tye saam, soos hy dit genome het ‘Jy is my Beste vriend’ van een broer na n ander.
Nog n treffer vir die geleentheid was die Orkes, iets wat nie meer te algemeen voorkom nie, hulle het die dansvloer vol gehou al van vroeg af, en is baie goed ontvang deur die gaste.
Baie sterkte op jul lewens pad vorentoe
Jenna en George
Dene & Ruan by Avianto in Muldersdrift
Show Hide 0 comments