Toe Marlize by my studio inloop was ek onder die indruk sy is die “mommy to be” se suster of vriendin wat saamgekom het vir morele ondersteuning. Jaaa sy het ongelooflik klein gedra. Elke vrou se droom, om so op die einde van die swangerskap termyn te lyk – Wel ek sou nie omgegee het nie!
Marlize en Francois het my probeer oortuig wie van hulle was die skaamste, hulle was dit eens dat hulle aanmekaar gesit is om sommetjies te maak en boeke te laat klop en nie om model te speel nie. Vir my is dit lankal nie meer snaaks om met skaam mense te werk nie en voor jy kon sê {Lea} was die sessie verby.
Marlize booked the Bumps to Bundles and being a bit late with this post, Lea was already in the studio for her newborn session, Photos to follow: