Die Pragtige Milenke se eerste baba fotos

Desember 2023 was ‘n geseënde maand vir Pappa Kenny, Mamma Marne, en hulle pragtige baba dogtertjie, Milenke, wat die wêreld binnegekom het. Die klein gesin het vroeg in Januarie 2024 ons fotografiestudio besoek vir Milenke se eerste fotosessie. Dit was ‘n heerlike begin vir ons nuwe jaar, net na ‘n kort vakansie om te rus en energie op te bou vir wat voorlê.

Milenke, met haar klein, fyn lyfie, het onmiddellik my hart gesteel. Alhoewel my eie kinders reeds groot is, het hierdie piepklein mensie my broeis laat voel. Dit is altyd ‘n spesiale voorreg om die eerste paar lewensdae van ‘n baba vas te vang – daardie kosbare oomblikke wat so vinnig verbygaan.

Ons sessie het baie goed begin. Mamma Marne het Milenke net voor die sessie gevoer, wat beteken het ons kon begin met ‘n slapende baba. ‘n Slapende baba maak altyd die mooiste foto’s, en dit het ons in staat gestel om ‘n rustige en ontspanne atmosfeer te handhaaf tydens die fotosessie.

Baba fotos is versier met Pienk en Grys Props

Die tema wat Kenny en Marne gekies het vir Milenke se fotosessie was klassiek en sag. Hulle het besluit op ‘n kleurskema van wit, pienk, en liggrys, wat vreeslik mooi uitgekom het. Hierdie kleure bring ‘n gevoel van kalmte en vrede mee, perfek vir ‘n nuweling soos Milenke. Die liggrys agtergrond het ‘n tydlose kwaliteit aan die foto’s gegee, terwyl die sagte pienk en wit aksente die foto’s met ‘n gevoel van suiwerheid en onskuld gevul het.

Ons het begin met ‘n paar familie foto’s – Marne en Kenny met hulle oë gevul met trots en liefde terwyl hulle na hulle nuwe klein wonderwerkie kyk. Hulle het straal van geluk, en hierdie gevoelens het so natuurlik in elke foto gewys.

Milenke se Baba Fotos

Nadat ons die familie foto’s geneem het, het ons gefokus op individuele foto’s van baba Milenke. Ons het verskeie ‘props’ gebruik, insluitend sagte komberse en klein kopbande wat haar fyn gelaatstrekke pragtig beklemtoon het. Sy het baie goed geslaap deur die hele sessie, en ons kon baie van haar mooiste hoekies vasvang.

Een van my gunsteling oomblikke was toe ons ‘n sagte pienk kombers gebruik het om haar in te draai. Haar klein handjies en voetjies het skaars uitgesteek, en dit het gelyk asof sy in ‘n wolk van sagtheid gedompel is. Hierdie tipe foto’s is tydloos en word altyd deur ouers waardeer as ‘n kosbare herinnering aan hoe klein hulle kleintjies regtig was.

Tydlose Baba Fotos

Die fotosessie met Kenny, Marne, en baba Milenke was ‘n absolute plesier. Dit is altyd ‘n voorreg om deel te wees van ‘n gesin se spesiale oomblikke, veral wanneer hulle net begin het met hulle nuwe avontuur as ouers. Ek is so dankbaar vir die geleentheid om hierdie kosbare oomblikke vas te vang en te help om herinneringe te skep wat hulle vir altyd sal koester.

Ons het ‘n paar wonderlike foto’s geneem tydens hierdie sessie, en ek sien uit daarna om hierdie herinneringe met hulle te deel. Elke keer as ek terugkyk na hierdie foto’s, onthou ek weer hoekom ek lief is vir my werk – die vermoë om die skoonheid en vreugde van nuwe lewe vas te vang. Hier is ‘n paar van die pragtige foto’s van hulle fotosessie, ek hoop julle geniet hulle net so baie soos ek.

Waar kan ek baba fotos laat neem?

As jy op soek is na ‘n spesiale plek om baba fotos te laat neem, kan jy by Jenna D Photography in Waverley, Pretoria, kom. Ons studio is baie gerieflik geleë, net naby die Stormvoel afrit van die N1, wat dit maklik maak vir mense wat moet reis.

By Jenna D Photography is ons toegewy aan die vasvang van kosbare oomblikke met professionele en liefdevolle sorg. Ons spesialiseer in pasgebore babas, cake smash, en familie fotosessies, en sal graag help om die mooiste herinneringe van jou kleinding te skep.

Kontak ons gerus om ‘n afspraak te maak of vir meer inligting oor ons dienste.

Watter ander dienste bied Jenna D Photography?

1, Verjaarsdag vuuring aka cake smash – Van 1ste verjaasrdae …

2. Swangerskap vanaf 24 weke

3.Familie fotos

Similar Posts